Hoe herstruktureer ek my belasting

Rus jouself toe met kennis rakende begrotings, belastingskale en finansiële beplanning. Ons omvattende videoreeks stel jou aan die verskeie maniere bekend waarvolgens jy jou belasting – binne die wet – kan herstruktureer om jou belastingverpligtinge te verminder. Ons kenners beantwoord ook algemene navrae rakende belasting en voorsien jou van nuttige inligting wat belastingbesparing betref.

Nuttige belasting inligting:

Met effek vanaf 1 Maart 2017 word die belastingaftrekking vir bydraes tot pensioenfondse, voorsorgfondse en uittredingannuïteitsfondse aansienlik gewysig. Vanaf 1 Maart 2017 sal die belastingaftrekking vir dié drie verskillende fondse, pensioen-, voorsorg- en uittredingannuïteitsfondse, dieselfde wees.

Lees meer hier.

Mediese uitgawes wat nie deur jou mediese fonds gedek word nie, word ‘n al hoe groter las vir Suid-Afrikaners.

Dit is moontlik is om van hierdie mediese uitgawes van SARS terug te eis, wat ‘n mate van verligting vir die belastingbetaler kan bring.

Lees meer hier.

Deur Reon Janse van Rensburg

Skenkings wat individue aan sekere openbare weldaadsorganisasies (OWO’s) of niewinsgewende organisasies (NWO’s) maak, kan daartoe lei dat die individu se belastingaanspreeklikheid verminder met die indiening van sy of haar jaarlikse belastingopgawe.

Klik hier om meer te lees.

As jy jou eie maatskappy besit, of as jy ʼn alleeneienaar is, kan jy die volgende terugeis: 

Enige uitgawes aangegaan in die proses om ʼn inkomste te genereer asook:

  • salarisse
  • agentkostes
  • rekeningkundige fooie
  • bemarking en advertering
  • kantooruitgawes
  • huur-/tuiskantore
  • telefoon/internet
  • navorsing en ontwikkeling
  • webontwerp / “Search Engine Optimisation” / tegniese-dienste
  • toerusting/skryfbehoeftes
  • waardevermindering van toerusting
  • administrasie
  • bankfooie
  • finansieringskoste
  • reis
  • kliëntvermaak/netwerksessies
  • vergaderingskostes
  • maaltye

Bron: BSL Management. Career and arts administrator and producer firm. [Aanlyn] Beskikbaar vanaf: https://bslmanagement.com/#about Afgelaai: 29/09/2021

vrae & antwoorde

Wat moet ek doen?
Jy moet sorg dat jy so min as moontlik van jou swaarverdiende geld aan ons korrupte regering oorbetaal. Jy kan begin deur seker te maak dat jy weet wat alles van belasting teruggeëis kan word, en sorg dat jy dit wel terugeis. Niemand moet die wet oortree nie, maar ons moet seker maak dat ons elke geleentheid om minder belasting te betaal, ten volle benut.

Wanneer gebeur dit?
Van ons kant af hou ons alreeds skurke in die regering vir hulle dade aanspreeklik. Ons rus ook mense met kennis toe sodat hulle so min as moontlik geld aan ons regering oorbetaal. Maak seker dat jy die belastingkorting vir bydraes tot pensioenfondse en annuïteite, mediese fondse en skenkings aan liefdadigheid ten volle benut. Daar is ook kortings indien jy van die huis af gewerk het. Die veldtog begin vir jou sodra jy hierdie geleenthede begin benut.

Absoluut! Solank jy nie op jou belastingsaanslag jok nie, en sorg dat jy niks onwettigs doen nie, mag jy alles in jou vermoë doen om te sorg dat jou geld in jou sak bly.

Deur Reon Janse van Rensburg

Jy mag. Daar is baie mense en instansies wat hierin spesialiseer. Enige belastingspraktisyn en die meeste finansiële beplanners sal jou hiermee kan help. Sien gerus ons afdeling op hierdie webblad (Wie kan my help om om belasting wettig te weerhou?) vir ʼn lys praktisyns wat jou hiermee kan bystaan.

Klik hier om meer te lees.

Eerstens kan ons ʼn sterk boodskap aan die staat oordra om hulle daarvan bewus te maak dat ons nie langer sal toekyk hoe hulle ons belastinggeld vermors nie. Tweedens kan ons geld spaar. Jy kan tog jou geld baie beter aanwend as wat die staat dit kan doen, nie waar nie? Derdens, en dalk die belangrikste, kan dit Solidariteit en die belastingbetaler in ʼn posisie plaas waar ons ʼn beter belastingbestel van die regering kan opeis.

Net waarheen jý wil hê dit moet gaan. Jy kan dit vir ʼn geregistreerde kerk of Solidariteit se Boufonds, of enige 18A-gesertifiseerde instansie skenk en in die volgende belastingjaar nóg meer terugkry.

Dan het jy hopelik darem ʼn paar rand gespaar, die regering besef ons is kwaad, en almal weet ʼn bietjie meer van belasting af. Moenie die groot impak  van ʼn klomp kleiner besparings onderskat nie. As derduisende mense almal selfs net ʼn bietjie spaar, is die impak groot.

Watter dienste? Solank ons binne die wet optree, sal dit geen impak hê op die dienste wat jy ontvang, en gewoonlik nie ontvang nie.

Ons almal het die verantwoordelikheid om toe te sien dat die staat die werk doen waarvoor hulle aangestel is, naamlik om ons veilig te hou en infrastruktuur te verskaf en te onderhou. Die beste manier hoe jy dit kan doen, is om seker te maak dat die staat nie meer geld uit jou kry as wat hulle moet nie.

Wat Solidariteit se verantwoordelikhede betref, sal ons toesien dat ons lede se regte beskerm word. Ons sal aanhou om deur middel van spesifieke regsaksies en algemene protes die regering verantwoordelik te hou. Omdat ons ʼn groot groep mense verteenwoordig, plaas dit ons in ʼn sterk posisie om druk op die regering uit te oefen.

Die fokuspunt van hierdie reeks video’s is om individue (ook bekend as natuurlike persone, wat inwoners van Suid-Afrika is), bewus te maak van wettige maniere om so min as moontlik belasting te betaal.

Bereken jou belasting deur van hierdie stappe gebruik te maak.

ʼn Algemene individu se belastingberekening word met die stappe in hierdie video bereken.
Kyk gerus hierdie video en leer meer.

Gebruik belastingskale om jou belasting proaktief te verlaag.

Wil jy graag weet wat die belastingskale is wat jy in ag moet neem en hoe om proaktief belasting te verlaag?
Kyk gerus hierdie video en leer meer.

Jy as iemand wat kommissie verdien, kan jou belasting verlaag.

Verdien jy kommissie? Wil jy graag weet wat die belastingskale is wat jy as kommissie verdiener in ag moet neem en hoe om proaktief belasting te verlaag?
Kyk gerus hierdie video en leer meer.

Daar is maniere hoe jy jou belastingverpligtinge kan verminder.

Die term “tuiskantoor” en die beskikbare aftrekkings wat belastingbetalers kan eis – weens die feit dat hulle vir ʼn groot gedeelte van die 2021-belastingjaar van die huis af kon werk – is ʼn onderwerp op baie belastingbetalers se lippe.
Kyk gerus hierdie video en leer meer.