Hoekom belastingprotes?

Ons is keelvol om belastingslawe vir Suid-Afrika te wees! Ons word toenemend oorbelas soos wat die een na die ander wet ons van nóg van ons swaarverdiende inkomste stroop. As die kleinste proporsionele werksmag in die wêreld, dra ons die tweede hoogste proporsionele belastinglas en nou wil die regering ons nog verder kaal stroop! Dit terwyl ’n korrupte regering hulleself verryk deur selfs te midde van ’n pandemie, hulle sakke vol van ons belastinggeld te stop.

Skokfeite oor belasting

Wonder jy hoe die staat se wanbestuur jou sak gaan raak? Bereken dit hier

Ons gebruikersvriendelike belastingsakrekenaar, sal jou help om jou maandelikse en jaarlikse inkomstebelasting maklik en vinnig te bereken.