WAT BETEKEN DIT?

Die IAO het bevind dat ons klag, wat op 6 Oktober 2021 ingedien is, aan al die IAO se tegniese vereistes voldoen het. Na aanleiding van dié bevinding gaan die regering se rassebeleid nou deur ʼn internasionale liggaam ondersoek en oorweeg word om te bepaal of die Suid-Afrikaanse regering té ver gegaan het met sy rassebeleid, en of daar nou ʼn streep in die sand teen dié ongrondwetlike beleide getrek moet word.

Hierdie oorwinning is behaal danksy elke Suid-Afrikaner wat volgehoue druk toegepas het deur ons massaklag te onderteken en ons op ons internasionale sending ondersteun het.

Baie dankie, die oorwinning kom julle toe!

WAT IS DIE VOLGENDE STAP?

Die stryd is egter nog nie verby nie. Die volgende stap behels ʼn vrywillige versoeningsproses tussen die regering en Solidariteit onder die toesig van die IAO. Solidariteit het reeds aangedui dat ons aan die proses sal deelneem. Indien die regering nie daaraan wil deelneem nie, moet hy voor 30 Mei 2022 kommentaar op ons klag indien wat dan deur die IAO oorweeg sal word.

As die regering geen kommentaar indien nie en die IAO ná afloop van sy ondersoek bevind dat Suid-Afrika se rassebeleid onregmatig is, kan Solidariteit moontlik die Internasionale Geregshof nader om die IAO se bevinding te bekragtig en toe te sien dat daaraan gehoor gegee word.

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Die Suid-Afrikaanse regering dien sy periodieke verslag in en Solidariteit ʼn skaduverslag by CERD (Genève, Switserland), ʼn komitee van die VN wat gemoeid is met die uitskakeling van rassediskriminasie.

2015

Ná die indiening van ʼn amptelike klag by CERD pak Solidariteit vir die eerste keer die Suid-Afrikaanse regering op ʼn sitting van die Verenigde Nasies (VN) oor die regering se beleid van rassekwotas in die werkplek.

2016

ʼn Groot deurbraak is behaal in ons stryd teen die regering se rassebeleid. CERD het in ʼn verslag kritiek uitgespreek op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie. Na aanleiding van die CERD-verslag het Solidariteit die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gevra om wette oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie formeel te ondersoek. In Mei 2017 dien Solidariteit sy klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

2017

ʼn Reuse-oorwinning is behaal toe die SAMRK in sy gelykheidsverslag bevind het dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word omdat SA se regstellendeaksie-wetgewing onregmatig is.

2018

Na aanleiding van die SAMRK se aanbevelings versoek Solidariteit in die arbeidshof in Johannesburg dat sekere dele van wetgewing oor regstellende aksie ongrondwetlik verklaar word en dat die Wet op Diensbillikheid gewysig word. Die regering het egter geweier om die SAMRK se aanbevelings te implementeer.

2019

Solidariteit dien Suid-Afrika se rasmalheid ʼn uitklophou toe. Op 28 Julie 2021 het Solidariteit namens 300 000 mede-Suid-Afrikaners ʼn formele klag teen die regering se rassebeleid aanlyn by die Verenigde Nasies (VN) ingedien. Op 24 September 2021 het ʼn afvaardiging van Solidariteit na Genève vertrek om dié historiese klag in persoon in te dien en ons eerste gesprekke van aangesig tot aangesig met die IAO te voer.

Die ontmoeting met ʼn afvaardiging van die IAO was van onskatbare waarde. Ons doelgerigte gesprekke het bewustheid geskep en die realiteit tuisgebring dat Suid-Afrika se beleid nie met internasionale praktyke oor rassebeleid strook nie. Suid-Afrika se rasmalheid is aan die groot klok gehang.

2021

Op 30 Maart 2022 het ons terugvoer van die IAO oor ons klag ontvang, naamlik dat Suid-Afrika se rassebeleid amptelik deur die Verenigde Nasies se arbeidsagentskap ondersoek gaan word.

2022