Jongstemme

Veldtog: #Jongstemme-skryfkompetisie

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Enige persoon tussen die ouderdom van 18 en 30 mag aan hierdie kompetisie deelneem.
  2. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  3. Die kompetisie duur vanaf 15 April 2024 tot 12 Augustus 2024 waartydens meningstukke aanvaar sal word.
  4. Geen meningstuk sal ná 12 Augustus 2024 aanvaar word nie.
  5. Meningstukke sal vanaf 16 April 2024 tot 26 Augustus 2024 op Maroela Media en op Solidariteit se elektroniese platforms publiseer word.
  6. ʼn Meningstuk word nie outomaties gepubliseer nie, en Solidariteit en Maroela Media het die uitsluitlike diskresie om die publikasie van ʼn meningstuk te weerhou indien dit nie aan bepaalde standaarde voldoen nie.
  7. Slegs Afrikaanse meningstukke sal vir die kompetisie aanvaar word.
  8. Daar is geen beperking op die aantal meningstukke wat ʼn deelnemer mag indien nie.
  9. Meningstukke moet die deelnemer se oorspronklike werk wees, en waar daar ander publikasies in die meningstuk aangehaal word, moet erkenning aan die outeur van daardie publikasie gegee word.
  10. Puntetoekenning soos aangedui op die webtuiste sal die wenner van die kompetisie bepaal.
  11. Die wenner sal op 16 September 2024 bekendgemaak word.
  12. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal met deelnemers gevoer word nie.
  13. Die wenner ontvang ʼn R3 000-kontantprys, en sal deur Solidariteit gekontak word om die nodige reëlings t.o.v. uitbetaling te tref.
  14. Indien Solidariteit nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae ná die finale beslissing per e-pos of telefonies in die hande te kry nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  15. Die wenners sal op al Solidariteit se openbare platforms bekendgemaak word.
  16. Deelnemers stem in om hulle samewerking te gee en aan al Solidariteit se openbare of mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou, deel te neem. Hulle stem ook in dat hul besonderhede op Solidariteit se elektroniese platforms mag verskyn.
  17. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en sal in ’n databasis opgeneem word, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  18. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  19. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  20. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.