Jongstemme

Jou mening kan R3 000 werd wees!

Skryf ʼn #JongStemme-meningstuk en staan ʼn kans om ʼn R3 000-kontantprys te wen indien jou meningstuk die meeste gelees word!

As jy tussen die ouderdom van 18 en 30 is, wil ons hoor wat jy te sê het! Skryf oor wat jou pla, wat jy wil hê ander studente moet hoor of oor jou persepsie van die toekoms in Suid-Afrika.

VOLG HIERDIE STAPPE OM IN TE SKRYF:

  1. Skryf jou meningstuk en laai dit hieronder op.
  2. Deel die gepubliseerde artikel op jou persoonlike sosialemediaplatforms en kry bonuspunte!
  3. Lees dit op Maroela Media en kry ander om saam te lees.

Dit is so maklik soos een, twee, drie ...

vir ʼn lys van temas waaroor jy moontlik kan skryf! Moet egter nie dat hierdie lys jou keer om jou sê te sê nie.

Dit is so maklik soos een, twee, drie ...

vir ʼn lys van temas 

waaroor jy moontlik kan skryf! Moet egter nie dat hierdie lys jou keer om jou sê te sê nie.

Jongstemme-2024

Maximum file size: 134.22MB

0 of 150 max words

Maximum file size: 134.22MB

Checkboxes *

'n Lys van temas wat jou kan inspireer om te skryf

  • Wat is jóú identiteit in SA? (Om tegelyk ʼn Afrikaner, Afrikaanssprekende, Christen, Suid-Afrikaanse burger, ensovoorts te wees – hoe doen ʼn mens dit?)
  • Die 2024-verkiesing (Maak dit nog saak om daaraan deel te neem as dit voel asof jou stem nie ʼn verskil maak nie?)
  • Om te emigreer of om in die land te bly, en hoekom?
  • Is hierdie land se probleme jou probleme as ʼn jong mens?
  • Hoe is ʼn mens trots op wie jy is sonder om ander mense sleg te laat voel/kwaad te maak?
  • Is die toekoms Engels?
  • Die toekoms is in ʼn ander land.
  • Dink jy Suid-Afrika se probleme kan opgelos word as die land in kleiner regeringstelsels opgedeel word eerder as een groot sentrale regering?
  • Is dit werklik ʼn oplossing dat staatsinstansies geprivatiseer word?
  • Die wêreld het mal geword.
  • Ek sal eerder Suid-Afrika se probleme bo ʼn ander land se probleme kies.
  • Hoe beïnvloed “wokeness” die Afrikaanse kultuur, en is daar plek vir albei
  • Studente se werklike behoeftes aan ʼn kampuslewe.
  • Moet politieke partye op Suid-Afrikaanse universiteitskampusse toegelaat word?
  • Is die behoud van jou erfenis belangrik vir die bou van jou toekoms, of moet almal eerder net die verlede vergeet?
  • Maak “wokeness” regtig van die wêreld ʼn beter plek?

 

Vir ʼn bietjie inspirasie en om te help om jou woorde te laat vloei, lees gerus van die vorige #JongStemme-meningstukke