Op 7 Julie breek daardie seisoen in ʼn jaar aan waaroor sommiges slapelose nagte het. Dis belastingseisoen! Maar gelukkig hoef jy nie daaroor te stres nie, want Solidariteit Jongwerkende bied op 25 Julie om 19:00 ʼn gratis belastingwebinaar aan wat jou daarmee gaan help. Jy kan van enige plek af daarby inskakel.

Kom #WenJouBelasting saam met ʼn kenner in minder as ʼn uur. Hier gaan jy ook slim maniere leer om op belasting te spaar en as jy alles volgens die boek doen, kan jy boonop geld van die SAID af terugkry!

Stap 1: Registreer hieronder en ontvang onmiddellik ʼn gebruikersvriendelike belastinggids.
Stap 2: Registreer vir die interaktiewe MS Teams-webinaar waar ons belastingkenner die belastingproses stap vir stap gaan verduidelik.

VORM:

Jongwerkende Belasting 2023

* Ná registrasie sal jy die skakel vir die MS Teams-registrasie ontvang.

Ek aanvaar die bepalings & Voorwaardes
Hoe werk eFiling

eFiling – jou vennoot vir gerieflike, vinnige en moeitelose indiening van belastingopgawes.

As jy ʼn besige jong werkende is, is die SAID se eFiling-diens vir jou! Dit is ʼn aanlyn stelsel wat jou in staat stel om jou opgawes veilig en baie maklik 24 uur per dag, sewe dae per week in te dien. Dit spaar jou tyd en die irritasie van ʼn magdom papierwerk en lang toue.

Belastingopgawes moet vanaf 7 Julie 2023 tot 23 Oktober 2023 ingedien word. Met Solidariteit Jongwerkende kan dit ʼn vinnige en moeitelose proses wees.