Die belastingseisoen is weer hier, maar voordat jy in ʼn koue sweet uitslaan omdat jy nie vanjaar se strokies gebêre het nie of nog nooit met belasting gewerk het nie, haal diep asem … jy kan dit doen!

Op 24 Julie 2024 kan jy in die gemak van jou huis by ons gratis interaktiewe sessie oor belasting inskakel. Ons belastingboffin gaan jou alles leer wat jy oor belasting moet weet en jou stap vir stap deur die proses help.

Registreer dus vir die gratis sessie om jou belasting vir ʼn ses te slaan!

Jongwerkende-waardetregter
Checkboxes

Wat kry jy as jy vir die sessie registreer?

  • ʼn GRATIS gebruikersvriendelike belastinggids
  • ʼn GRATIS belasting-doenlys
  • ʼn GRATIS profiel op Solidariteit wat vir jou toegang sal gee tot baie finansiële advies en artikels wat jou sal bemagtig
  • Toegang tot die Microsoft Teams-webinaar waartydens ons belastingboffin die belastingproses stap vir stap gaan verduidelik
eFiling, jou vennoot vir gerieflike, vinnige en moeitelose indiening van belastingopgawes!

As jy ʼn besige jong werkende is, is die SAID se eFiling-diens ʼn ideale diens vir jou! Dit is ʼn aanlyn stelsel wat jou in staat stel om jou opgawes 24 uur per dag, sewe dae per week veilig en baie maklik in te dien. Dit spaar jou tyd en die irritasie van ʼn magdom papierwerk en lang toue.

Belastingopgawes moet vanaf 15 Julie tot 21 Oktober 2024 ingedien word.

Danksy Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap kan dit ʼn vinnige en moeitelose proses wees.