Kan(Toor)

Die bepalings en voorwaardes vir iemand wat inskryf

Vereistes en kriteria – Die volgende kriteria geld vir die identifisering van potensiële kandidate vir hierdie program:

  1. Die kandidaat moet in 2024 in graad 12 wees. Indien die kandidaat jonger as 18 jaar is, word die ouer of voog se toestemming benodig.
  2. Die kandidaat moet toegang tot ʼn rekenaar en selfoon hê.
  3. Die kandidaat moet toegang tot die internet hê, sowel as ʼn stil omgewing waar die aanlyn opleiding voltooi kan word.
  4. Die kandidaat moet toegang tot vervoer hê om die skaduwerkgeleentheid, fasiliteringsessies en netwerkgeleentheid by te woon.
  5. Die kandidaat moet ʼn gratis profiel op Solidariteit se platform skep, by solidariteit.co.za.
  6. Die ideale kandidaat sal ywerig, leergierig, toegewyd, betroubaar, bereidwillig en eerlik wees.
  7. Aansoekers wat aan die toelatingsvereistes voldoen, sal nie outomaties tot die program toegelaat word nie. Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk behou die reg voor om die aantal deelnemers aan die program te beperk.
  8. Wanneer die kandidaat se aansoek vir die program goedgekeur is, sal daar van die kandidaat verwag word om die program te voltooi.
  9. As deel van die ooreenkoms sal die kandidaat instem om skaduwerk te voltooi.
  10. Ná die suksesvolle voltooiing van die program en sodra die kandidaat in 2025 ʼn betrekking aanvaar, sal die kandidaat by Solidariteit Jongwerkende aansluit met die doel om die kandidaat verder in sy/haar loopbaanontwikkeling en -aanpassing by te staan. Daar sal van die kandidaat verwag word om ʼn minimum van 12 maande ʼn lid van Solidariteit Jongwerkende te bly.
  11. Solidariteit sal die kandidaat bystaan met die opstel van ʼn CV en sal beskikbaar wees om hulp te verleen met die voorbereiding vir onderhoude. Wanneer die kandidaat in diens geneem word, sal die kandidaat ook toegang tot arbeidsregsadvies hê.
  12. Die kandidaat moet by die spesiale WhatsApp-groep vir die projek aansluit om waardevolle bykomende inligting te ontvang.
  13. Die kandidaat sal, waar moontlik, spesiale netwerkgeleenthede bywoon wat deur die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk gereël word. Bywoning sal gratis wees.
  14. Die kandidaat sal ná voltooiing van die program hom- of haarself beskikbaar stel om as junior mentor vir ʼn volgende jong mens op te tree.
  15. Die kandidaat kan die opleiding teen sy/haar eie pas voltooi, maar toegang tot die opleidingsportaal verval ná drie maande.
  16. Die kandidaat stem in om aan sosialemediabemarking, soos en indien nodig, deel te neem om ander jong mense te inspireer en om hierdie bemagtigingsprogram te bemark.