Wees die beste jy in 2024!

Die jaar het teen ʼn vinnige tempo afgeskop en voor jy jouself kom kry, verval jy weer in daardie ou gewoontes waarteen jy jouself aan die einde van 2023 gewaarsku het.

Moenie te hard op jouself wees nie! Neem ʼn blaaskans en skakel in vir die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se aanlyn middagete-sessie – kuier saam met Maryna Stevenson, die welbekende etiket- en persoonlike ontwikkelingkonsultant, wat met ons oor persoonlike ontwikkeling (“Wees die beste jy in 2024”) gaan gesels.

Ons is almal uniek en ons skuld hierdie wêreld ons egtheid – ons moet ons eie persoonlike X-faktor ontdek en ons merk op ons eie spesiale manier maak.

Maryna Stevenson

Kom ontdek jóú X-faktor!

DATUM:

13 Maart 2024

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op MS Teams

Nooi gerus jou beste vriendin, kollega of ʼn familielid om die sessie saam met jou by te woon!

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Die vorm is tans gesluit.

Maryna Stevenson is ʼn etiket- en persoonlike-ontwikkelingskonsultant. Sy is die stigter van Maryna Stevenson Personal Development wat individue bemagtig om hulle volle potensiaal te ontgin danksy prestasie-afrigting wat hulle van goed na uitsonderlik omskep.

Maryna het die voorreg om met individue, korporatiewe organisasies en met primêre, sekondêre en tersiêre instellings te werk. Dit is Maryna se doel om enige persoon wat wil uitblink en hom/haarself wil onderskei, te bemagtig om tot ʼn meer suksesvolle, selfversekerde en goed toegeruste mens te ontwikkel om die heel beste weergawe van hulself te word en die beste in die lewe te bereik.

“Daar is meer aan ʼn persoon as opvoeding, agtergrond en die keuse van uitrusting. ‘Goeie maniere maak deure oop wat die beste onderwys nie kan oopmaak nie.’ Styl en houding kan nie gekoop of geleen word nie. Ons is almal uniek en ons skuld hierdie wêreld ons egtheid. Ons moet ons eie persoonlike X-faktor ontdek en ons stempel op ons eie spesiale manier afdruk. Dit is wat ons sal laat uitstaan, hoe ons onsself na ʼn hoër rat sal laat oorskakel en van ons die voorkeurkeuse sal maak wanneer ons vir ‘n pos aansoek doen.”

Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:

Woensdag 17 April 2024 met Mia Visser

Tema: Kommunikasie en verhoudings (binne en buite die werkplek)