Wees die beste jy in 2024!

Kennis is mag! Hoe meer kennis jy oor ʼn onderwerp beskik, hoe beter ingelig is jy om goeie besluite te kan neem en jouself te beskerm. Die Wet op Arbeidsverhoudinge is moontlik een van die belangrikste wette, omrede dit jou en jou werk direk raak en ook beskerm. Bemagtig jouself met kennis oor jou regte en beskerm jouself só teen uitbuiting in die werkplek!

Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se aanlyn middagete-sessie bespreek dié belangrike onderwerp tydens die gewilde Kennis en Klets-sessie wat binne die groter “Wees die beste jy”-reeks in 2024 aangebied word. Adele Botha, litigant in algemene litigasie, gaan met ons gesels en haar kennis oor wetgewing spesifiek tot die werkplek met ons deel.

Die volgende onderwerpe sal tydens dié sessie bespreek word:

  • Werksure, etenstyd en rustye soos bepaal deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
  • Vergoeding ten opsigte van oortydwerk
  • Die ooreenkoms wat in plek moet wees indien jy byvoorbeeld oortyd wil eis
  • Watter bewysstukke jy benodig indien jy oortyd werk

As jy jouself in die werkplek wil beskerm en bemagtig, moet jy nie dié sessie misloop nie.

DATUM:

13 Junie 2024

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op Microsoft Teams

Nooi gerus jou beste vriendin, kollega of ʼn familielid om die sessie saam met jou by te woon!

Adele Botha is ʼn toegewyde litigant in algemene litigasie met meer as 20 jaar se ervaring in arbeidsverhoudinge. Sy het nog altyd ʼn natuurlike passie en liefde om met mense te werk. Dié innerlike passie het haar oorreed om ʼn studierigting in mensehulpbronne te volg. In 2006 het Adele haar BCom-graad in Mensehulpbronbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 2007 het sy haar BCom(Hons)-graad in Arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit (NWU) met erekleure verwerf. Sy het in 2012 haar meestersgraad in Bedryfsosiologie aan die NWU verwerf.

Adele het haar loopbaan as mensehulpbronkonsultant begin waarna sy in 2007 by Solidariteit se Regsafdeling begin werk het.

“Die arbeidsomgewing in Suid-Afrika is kompleks en verander voortdurend. In die nuwe onbekende wêreld is dit uiters belangrik dat werknemers weet wat hul regte is en dat hul regte beskerm word. Wanneer werknemers bewus is van hul regte, word ʼn kultuur van dissipline geskep waarin loopbane kan groei ten spyte van faktore soos tegnologiese ontwikkeling, globalisering en omgewingsveranderinge wat al hoe meer druk op werknemers plaas. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes maak voorsiening vir basiese werksvoorwaardes soos werkure, verlof en kennistydperk. Die doel van hierdie wetgewing is om te verseker dat werknemers nie uitgebuit word nie en dit is met passie wat ons hierdie regte beskerm.”

– Adele Botha

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Kennis en klets 3
Checkboxes

Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:

Dinsdag 23 Julie 2024 met Johan Koekemoer

Tema: Chat GPT en AI (in ‘n kantoorpraktisyn omgewing)