Solidariteit streef voortdurend daarna om nuwe maniere te vind om Afrikaanse jong mense te help en hulle vir die uitdagings van die toekoms toe te rus. Ons erken dat die huidige arbeidsmark baie uitdagings vir ons jong mense inhou wat dit ook vir hulle moeilik maak om besluite oor hul loopbane te neem.

Die meeste van ons lede beskik nie oor die finansiële middele om professionele loopbaanadvies te bekom nie, maar ons weet ook waar daar ʼn uitdaging is, is daar ʼn geleentheid. Daarom het Solidariteit Jeug die Loopbaankompas-projek van stapel gestuur. Die Loopbaankompas bestaan uit twee dele. Die eerste deel is ʼn Belangstellingsbepaler-vraelys wat deur ʼn professor verbonde aan die NWU ontwikkel is en wat jong mense help om hul belangstellings te bepaal. Dit word as ʼn gratis diens aangebied. Die Belangstellingsbepaler is deur ʼn groep van omtrent 34 000 leerders in Suid-Afrika voltooi om te bevestig of dit met loopbaanontwikkelingsteorië ooreenstem, en die terugvoer wat ontvang is, is baie positief. ʼn Gemiddeld van ongeveer 200 lede van Solidariteit voltooi die Belangstellingsbepaler per maand.

Die tweede deel van die Loopbaankompas-projek behels die vestiging van ʼn netwerk van loopbaanvoorligters na wie ons jong mense kan verwys om te bepaal of hulle werklik aangelê is om in die rigting waarin hul belangstelling lê, te studeer. Ons wil u versoek om by hierdie diens aan die jeug betrokke te raak. Die gedagte is om ʼn “netwerk” van professionele loopbaanvoorligters te vestig na wie ons lede van Solidariteit Jeug kan verwys om hierdie loopbaanhulp te bekom. Indien u, u weg oopsien om by hierdie deel van die Loopbaankompas-projek betrokke te raak, wil ons vriendelik versoek dat u fooi vir die diens nie meer as R2 500 sal wees nie.

Verder wil ons u amptelik deel maak van ons uitgebreide netwerk van beroepsvoorligters, en daarom versoek ons dat u ʼn lid van Solidariteit word. Solidariteit het die eerste Afrikaanse aanlyn bymekaarkomplek geloods om ʼn digitale ruimte vir ons gemeenskap te skep waar Solidariteit-lede maklik en vinnig toegang tot waardevolle inligting en dienste kan kry. Al ons netwerke en vennote word op Solidariteit gelys en ons wil die netwerk van loopbaanvoorligters ook daarby insluit. Indien u, u weg oopsien om by hierdie projek betrokke te raak sal u dan as ʼn beroepsvoorligter op ons platform gelys word. Hierdie netwerk is waar jong mense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kry wat hulle benodig om hul doelwitte te bereik en hul drome te verwesenlik en waar die meesters in ons gemeenskap hul roeping kan uitleef in die wete dat hulle ʼn nalatenskap vir hul gemeenskap skep.

Solidariteit bied ook die funksie om organisasies aan mekaar te koppel, wat ons gemeenskapslede toelaat om in verbinding te wees met ander organisasies en hul lidmaatskapvoordele sodoende te benut. Deur ʼn lid te word en deel te wees van Solidariteit se netwerk van beroepsvoorligters, kry jy blootstelling en verwysings vanuit die gemeenskap op ons platform.

Indien u by hierdie saak betrokke wil raak, versoek ons dat u die onderstaande vorm voltooi. Ons sien daarna uit om jong mense saam met u op hul reis na die wêreld van werk te ondersteun

Beste potensiële Solidariteit-loopbaanvoorligter

Die bemagtiging van ons jong mense is topprioriteit vir Solidariteit, en jóú kennis is noodsaaklik om ons jeug se pad te verlig.

Wees die lig wat in hierdie donker en deurmekaar wêreld ons jong mense se pad kan verhelder deur jou dienste as loopbaanvoorligter aan Solidariteit vir sy Skolier- en Studenteaanbod beskikbaar te stel.

Om een van Solidariteit se loopbaanvoorligters te wees, moet jy as ʼn lid by Solidariteit aansluit. Ons beding graag met jou om jou dienste teen R2 500 aan Solidariteit-lede te verleen. Dié dienste sluit die volgende in:

  • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat aanleg bepaal;
  • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat persoonlikheid analiseer; en
  • ten minste een konsultasie van ʼn uur met die kliënt.

 

Jou naam sal op ons lys van loopbaanvoorligters op ons eenstop-werkfasiliteringsplatform, Solidariteit, verskyn en só kan jy ook deur potensiële kliënte gekontak word.

Maak ʼn verskil in die lewens van ons Afrikanerjeug!

Vul die vorm hier in en word deel van ons netwerk van loopbaanvoorligters.

Loopbaankompas – raak vandag nog betrokke
Lid Ja/Nee

Maximum file size: 102.4MB

0 of 500 max words
B&V