Solidariteit het vanjaar Suid-Afrika se rasmalheid ʼn vuishou toegedien. NÓÚ KOM DIE UITKLOPHOU!
Die grense is oop en ons gaan VN toe om ons storie vir die wêreld te vertel. Ons massaklag is 300 000 stemme sterk. Maak ons nog sterker!
Onderteken die mosie!
28 Julie is geskiedkundig! Dit is die dag waarop ons namens meer as 300 000, Suid-Afrikaners ʼn formele klag teen die regering van Suid-Afrika se rassebeleid aanlyn by die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) ingedien het.
Nou vat ons dit verder! Ons vlieg Genève toe waar ons dié historiese klag fisies gaan indien en ons eerste gesprek met die komitee gaan voer. Dit is egter die vertrekpunt van ons groter internasionale veldtog teen rasmalheid en belastingprotes.