Beste Solidariteit-ondersteuner

Deur jou lojale ondersteuning aan die Regs- en/of Boufonds het Solidariteit al berge versit. Deur jou bydraes kon Solidariteit al duisende lede help met regsverteenwoordiging en so meer. Jou bydraes help dat ons kan aanhou veg teen rasmalheid, die Bela-wet en die NGV. Ons kan ook met jou bydraes saam bou aan die toekoms, waar ons opleidingsinstellings in Afrikaans ontwikkel.

Ons doen dit alles om aan ons nageslag ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms na te kan laat.

Soos met ander organisasies verhoog Solidariteit se ondersteunersbydraes ook jaarliks.

Op 1 Mei 2025 word jou bydrae met slegs 7% verhoog.

Ons aanvaar ons ondersteuners se bydraes nie as vanselfsprekend nie. Ons besef ook dat mense onder ekonomiese druk is en dat lede uit die liefde vir die saak vrywillig tot hierdie fondse bydra om ʼn beter toekoms te help skep. Juis daarom is dit belangrik dat ons nie die bydraes verhoog van lede wat dit nie kan bekostig nie, of wat hul bydrae vir welke rede ook al nie wil verhoog nie. Indien jy van die 7%-verhoging vrygestel wil word, moet jy asseblief die vorm hieronder volledig voltooi sodat ons jou vrystelling kan verwerk.

Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning!
Jy maak ons hande sterker om werklik ʼn verskil te kan maak en daardie wete is vir ons diep kosbaar.

Ondersteunerbydraes
Checkboxes
Checkboxes

Wat het Solidariteit reeds bereik?

BOU

VEG