Studente, julle lê ons na aan die hart!

Solidariteit wil graag vir julle die geleentheid bied om met ʼn meester in jou studieveld te kuier en te netwerk.

Stel ʼn lys op van vrae oor die beroep waaroor jy wonder. Bring dit saam en kom hoor wat die kenners sê!

Meesters in jou beroepsveld waarna jy kan
uitsien om te ontmoet en mee te netwerk:

Ian
Labuschagne

Tweede jaar van klerkskap by ALCO Prokureurs

Raadt
Rademeyer

Vennoot by GNR Ouditeure

Lourens
van der Merwe

Hoërskool skoolhoof

Eileen
Viljoen

Senior staatsaanklaer

Meer besonderhede oor die dag:

DATUM:

17 Oktober 2023

TYD:

18:00

RSVP:

Voor of op 11 Oktober 2023

PLEK:

The Roots, Potchefstroom

Vul die onderstaande velde in om jou bywoning te bevestig:

Student Tot Meester-Potchefstroom

Ons sien uit om jou te ontmoet! Wie weet? Dalk ontmoet jy jou mentor in jou beroepsveld.

Ian Lanbuschagne

Ek is tans besig met my tweede jaar van klerkskap by ALCO Prokureurs in Klerksdorp. Ek het vanaf 2018 tot 2021 LLB aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus studeer. In my eerste jaar van klerkskap was ek hoofsaaklik by litigasie betrokke en ek het omtrent elke dag van die week in die hof deurgebring. Dit het my blootstelling aan verskeie aspekte van die reg gegee. Ek het ook die voorreg gehad om gereeld saam met advokate na die hooggeregshof toe te gaan vir sake wat ons daar behartig het. Ek werk tans in die Akte- en Boedel-afdeling van ALCO Prokureurs. Dit is ook hiér waar ek my ware passie vir aktes en boedels ontdek het.

Raadt Rademeyer

Raadt is ʼn vennoot by GNR Ouditeure in Potchefstroom.

Hy het in 2006 sy grade in BCom Rekeningkunde en BComHons (STR) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus verwerf waarna hy sy klerkskap in 2007 by PWC in Sunninghill begin en in 2009 voltooi het. In 2009 het hy ook as ʼn geoktrooieerde rekenmeester (GR) gekwalifiseer.

In 2010 het hy as ʼn geregistreerde ouditeur registreer en sedertdien as ʼn vennoot in die praktyk gepraktiseer.

Lourens van der Merwe

Lourens is die huidige skoolhoof van Hoërskool Staatspresident C.R. Swart in Pretoria. Hy het in 2001 as onderwyser begin werk, in 2007 is hy as departementshoof aangestel en in 2018 is hy as adjunkhoof aangestel. Lourens het aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein studeer.

Eileen Viljoen

Eileen is ʼn senior staatsaanklaer. Sy het in 1984 gematrikuleer en in 1992 deeltyds aan Unisa begin studeer. Sy het in 1996 haar B.Iuris-graad verwerf. Sy het tot 1998 as staatsaanklaer in Alberton se distrikshof gewerk en daarna vir ʼn jaar as aanklaer in die streekhof in Germiston. Sy het in 2000 haar LLB-graad verwerf en toe tot 2002 as spesialisaanklaer vir seksuele misdrywe in Germiston gewerk. Eileen is in 2002 na senior aanklaer in Potchefstroom bevorder waar sy tans steeds werksaam is en 10 howe en 20 personeellede bestuur. Een van haar fokusareas is om moordondersoeke in Potchefstroom en Ventersdorp te lei en die verhoorforum te bepaal, en indien sy ʼn aanbeveling na die hooggeregshof maak, word die getuienis opgesom en met ʼn gemotiveerde aanbeveling na die direkteur van openbare vervolgings gestuur.