#Vakkeuses-webinaar:
Die sleutel tot jou kind se beroepstoekoms

23 Mei om 18:00

Hoe kan jy seker wees dat jou kind die regte vakke kies? Solidariteit in samewerking met Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding bied ʼn omvattende vakkeuse-webinaar aan, om jou en jou kind te bemagtig om die beste, toekomsgerigte vakkeuses te maak. In dié webinaar bespreek HPCSA- gekwalifiseerde kenners die wetenskaplike proses agter vakkeuses, en wys die verskil tussen belangstelling en aanleg wat sal bepaal watter vakke die beste by jou kind pas.

Reserveer jou sitplek hier

Hierdie vorm is tans gesluit.

Sprekers

Dr. Annelize van Antwerp

Dr. Annelize van Antwerp is ʼn voorligtingsielkundige by Akademia en het ʼn doktorsgraad in Psigologie asook ʼn meestersgraad in Voorligtingpsigologie (cum laude) aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Van Antwerp se navorsingsfokus is selfregulering van universiteitstudente deur gebruik te maak van die Tomatis®-metode.

Sy was vir vyf jaar ʼn dosent in Sielkunde by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) waar sy op voorgraadse, asook meestersvlak doseer het. Sy was vir vyf jaar ʼn voorligtingsielkundige by die Instituut vir Sielkunde en Welstand (Potchefstroomkampus). Sy praktiseer as voorligtingsielkundige in privaat praktyk.

Carla Giessing

Carla Giessing is by Sol-Tech werksaam as die koördineerder van Personeelbestuur en -ontwikkeling en ook ʼn geregistreerde psigometris.

Sy het in die Vaaldriehoek grootgeword en beide haar kwalifikasies (BA Commercii (2021) en BA Commercii Honneurs (2022) in Bedryfs- en Organisasie-sielkunde met Arbeidsverhoudinge grade) aan die NWU op die Potchefstroomkampus verwerf.

In 2022 het sy haar loopbaan by Sol-Tech begin as ʼn beampte by Personeelbestuur en -ontwikkeling. In die eerste jaar van werk slaag sy ook haar HPCSA raadseksamen en registreer kort daarna in die kategorie: onafhanklike praktyk / privaat praktyk as geregistreerde psigometris, met die praktisynskode PMT 0099252.

Sy glo nog altyd daarin dat jy hard moet werk vir dit waarna jy in die lewe strewe en dat almal een of ander droom het wat hulle graag wil bereik. Sy is vasberade om nie net in ʼn persoonlike hoedanigheid nie, maar ook in die werksmag ʼn verskil te maak deur van haar vaardighede en vermoëns wat die Here daagliks aan haar voorsien gebruik te maak om werkgewers, en werknemers in die werkplek te help en by te staan om hul doelwitte, vaardighede en volle potensiaal te kan bereik.

Dr. Johnny O’Neil

Johnny O’Neil is getroud met Sumari O’Neil. Hulle het twee tienerkinders, Sean in HTS John Vorster, en Janri aan Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. 

Hy is werksaam by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en is as ʼn bedryfs-/organisatoriese sielkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) geregistreer met 29 jaar ondervinding spesifiek tot die operasionele, militêre en hoërisiko-omgewings. In 1999 behaal hy ʼn M. Soc. Sc in Bedryfsielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en in 2006 ʼn PhD in Sportsielkunde aan die Universiteit van Pretoria. In 2021 het hy ʼn Nagraadse Diploma in Rampbestuur aan die NWU (Potchefstroom) voltooi. Hy het verskeie artikels in wetenskaplike joernale gepubliseer, asook navorsingsartikels saam met Sumari op internasionale kongresse in Istanbul, Turkye en Stockholm, Swede aangebied.

Sy passie en belangstelling lê in prestasie-ontwikkeling en meer spesifiek hoe hoërisiko-omgewingsfaktore prestasie op kognitiewe, emosionele en gedragsvlak beïnvloed. Hy het sy doktorale studie verwerf oor die strategieë wat streshantering, motivering en prestasie onder atlete beïnvloed tydens hoëdruksituasies.

Dr. O’Neil spesialiseer in die assessering en ontwikkeling van menseprestasie in ekstreme situasies, die assessering en ontwikkeling van leierskapprestasie in ekstreme situasies, veerkragtigheid, opleiding en ontwikkeling, afrigting, navorsing en spesialis-assessering.

Alhoewel Johnny hoofsaaklik betrokke is in die meting van prestasie en aanleg in die hoërisiko-omgewing, het hy breedvoerige ervaring in die toetsing en meting van aanleg op skoolvlak en is hy lid van die beheerliggaam van HTS John Vorster.

In sy privaat praktyk verskaf hy prestasie-ontwikkeling aan sportspersone en vak- en beroepsvoorligting aan skoliere van verskeie skole in Pretoria, Bloemfontein en ook in Worcester.