Die werkgewerskongres is ʼn gratis geleentheid waar werkgewers nader ingelig sal word oor die toekoms van werk, hoe Solidariteit en Ajani werkgewers bystaan, en oor hoe jy as ʼn werkgewer jou personeel deur voortgesette opleiding verder kan ontwikkel.
Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit, tree as hoofspreker op en sy boodskap gaan handel oor leer, werk en hoop. Die dag word afgesluit met ʼn besigtigingstoer van die Sol-Tech-kampus.
Die dag se program:
07:30 – 08:00
Aankoms (tee en koffie)
08:00 – 08:15
Opening met Skriflesing – Hannes Noëth
08:15 – 09:00
Solidariteit – dr. Dirk Hermann
09:00 – 09:15
Sol-Tech – Paul van Deventer
09:15 – 09:30
Ajani – Andre Vermaak
09:30 – 09:50
Solidariteit Werk – Mandy Thackwray
09:50 – 10:00
Solidariteit Leer– Izelle Palmer
10:00 – 10:15
Afsluiting
10:15 – 10:45
Verversings
10:45 – 12:00
Besigtigingstoer van die Sol-Tech-kampus
Die vorm is tans gesluit.