Is jy keelvol om ’n belastingslaaf vir Suid-Afrika te wees? Druk terug met wettige belastingbeplanning! Ons word toenemend oorbelas soos wat die een na die ander wet ons van nóg van ons swaarverdiende inkomste stroop. As die kleinste proporsionele werksmag in die wêreld, dra ons die tweede hoogste proporsionele belastinglas en nou wil die regering ons nog verder kaal stroop! Dit terwyl ’n korrupte regering hulleself verryk deur selfs te midde van ’n pandemie, hulle sakke vol van ons belastinggeld te stop.