Weet jy wat sê niemand vir jou as jy met jou eerste werk begin nie? Jy het regte in die werkplek. Die wet beskerm jou!

Net omdat jy jonk is en jouself wil bewys, beteken nie dat enigiemand jou mag uitbuit nie. Dít is Solidariteit Jongwerkende se spesialisveld.

Op watter vlak is jou kennis van siekverlof, oortydbetaling, dienskontrakte, salarisverhoging en afdanking? Wil jy weet wat sê die wet hieroor?

Kyk of jy hierdie vasvra kan slaag!

Beantwoord hierdie vinnige 10 vrae en vind uit of jy Swaarkry Sarel, Gemiddelde Gerda of Flink Fanie is.

Elke jong werkende wat hierdie vraelys voltooi, staan ʼn kans om ʼn geskenkbewys tydens ʼn gelukkige trekking te wen.

Jongwerkende-Quiz
Voltooi asseblief die volgende inligting:
Checkboxes
Kyk of jy hierdie vasvra kan slaag!

Beantwoord hierdie vinnige 10 vrae en vind uit of jy Swaarkry Sarel, Gemiddelde Gerda of Flink Fanie is.

Elke jong werkende wat hierdie vraelys voltooi, staan ʼn kans om een van vyf Takealot-geskenkbewyse van R500 in ʼn gelukkige trekking te wen.

number 1
Op hoeveel dae siekteverlof is ek geregtig indien ek vyf dae ʼn week werk?

Dit is die minimumvereiste ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Hierdie voorwaarde lyk anders vir werknemers wat ses dae per week werk.

Indien jy minder as ses maande lank vir ʼn maatskappy werk, word jou siekteverlof soos volg bereken: 1 dag vir elke 26 dae gewerk.

number 1
Is ek op oortydbetaling geregtig?

Ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is ʼn werkgewer slegs verplig om werknemers oortyd te betaal indien hulle minder as R20 093,00 per maand verdien. Werknemers wat meer as dit verdien, is nie outomaties op oortydbetaling geregtig nie.

number 1
Kan my werkgewer my salaris weerhou as ek nie my kennistydperk werk nie?

Indien jy nie jou kennistydperk werk nie, is die werkgewer daarop geregtig om jou laaste salaris te weerhou.

number 1
Kan my werkgewer my dagvaar as ek nie my kennistydperk werk nie?

ʼn Werkgewer kan ʼn werknemer wat nie hul volle kennistydperk werk nie vir skadevergoeding dagvaar.