Solidariteit se Onderwysernetwerk: Onderwystoekenning 2024 Bepalings en voorwaardes

  1. Nomineer ʼn onderwyser wat na jou mening die titel “Onderwyser van die Jaar” waardig is.
  2. Nominasies word gedoen by https://veldtogte.solidariteit.co.za/onderwyser-van-die-jaar-2024/ deur die betrokke velde in te vul.
  3. Inskrywings is gratis.
  4. Daar is drie (3) kategorieë
  • Kleuterskool
  • Laerskool
  • Hoërskool
  1. Die wenners word aangewys op grond van die aantal nominasies ontvang asook ʼn kombinasie van punte wat in ʼn paneelbeslissing toegeken is.
  2. Die genomineerde se lidmaatskap aan Solidariteit se Onderwysernetwerk sal tot sy of haar se voordeel strek en beteken dat hy of sy vir ʼn addisionele puntetoekenning kwalifiseer.
  3. Die getal onderwysernominasies wat ʼn nomineerder mag indien, is onbeperk, maar ʼn onderwyser mag slegs een (1) keer deur ʼn spesifieke persoon genomineer word. Die betrokke onderwyser mag egter onbeperk deur verskillende mense genomineer word, en die getal nominasies wat ʼn onderwyser van verskillende persone ontvang, kan tot die onderwyser se voordeel strek. Die aantal kere wat ʼn onderwyser dus (deur verskillende mense) genomineer kan word, is onbeperk.
  4. Die getal inskrywings is onbeperk.
  5. Die genomineerde is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van sy/haar inskrywing.
  6. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  7. Die nominasies kan vanaf 14 Mei tot en met 28 Junie om 17:00 ingestuur word, waarna ʼn siftingsproses sal volg.
  8. Nominante het tot en met 18 Julie 17:00 om hul nominasie te aanvaar. Elke genomineerde sal ʼn e-pos ontvang met die skakel na ʼn webblad waarop hy of sy as kandidaat moet registreer. Geen inskrywings sal ná 28 Junie aanvaar word nie en slegs genomineerde kandidate wat hulle nominasie aanvaar het kan vir die toekenning in aanmerking kom.
  9. Die wenners sal daarna bekend gemaak en na Solidariteit se “Sterre in die Gemeenskap”- geleentheid, wat in Desember plaasvind, uitgenooi word.
  10. Die beslissing van die paneel is finaal en is nie onderhandelbaar nie.
  11. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  12. Die naam van die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
  13. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  14. Die wenner stem in om sy of haar samewerking te gee en aan al die openbare of mediageleenthede van Solidariteit se Onderwysernetwerk wat met die kompetisie verband hou, deel te neem. Die wenner stem ook in dat sy of haar besonderhede op Solidariteit se webblaaie mag verskyn.
  15. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en sal in ʼn databasis opgeneem word, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  16. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit vir Solidariteit-lidmaatskap en verwante produkte (ingesluit Boufonds, Regsfonds en Jeug) gekontak te word.
  17. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  18. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
  19. Die wenner in elke kategorie sal Desember 2024 tydens die Sterre in die Gemeenskap-glansgeleentheid hul pryse ontvang.